Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hubristofilie s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (psigiatrie en psigoanalise) parafilie waarby iemand seksueel of emosioneel aangetrek word na iemand wat misdade pleeg: › Daar word dikwels na hubristofilie as die “Bonnie-en-Clyde-sindroom” verwys, gegrond op die bekende geval van die twee minnaars wat, saam met hulle bende, vir minstens nege sterftes en talle rooftogte verantwoordelik was (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 21 April 2023). › Prof. Christiaan Bezuidenhout, kriminoloog aan die Universiteit van Pretoria [...] sê wanneer vroue verhoudings met mans agter tralies het, word daar daarna verwys as hubristofilie oftewel die sogenaamde Bonnie and Clyde-verskynsel. Dit is nié ’n geestesversteuring nie, maar ’n parafilie, oftewel ’n afwyking van die gewone (konvensionele) aantrekkingskrag tussen ’n man en vrou. Die vroue voel aangetrokke tot mans wat as gevaarlik bestempel word (Marietie Louw-Carstens, Netwerk24, 10 April 2023). ◌ SINONIEM(E): Bonnie-en-Clyde-sindroom ◌ ENGELS: hybristophilia
KYK OOK: parafilie
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend
huts
hutsetiket
hutsmerk
hutsteken
hutswoord
hutswoordkaping
HVK
hys
IAAF
idealiter
identiteit
identiteitsdief
identiteitspolitiek
IDV
ie
IE
iederelk
iemaan
ienagge