Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
honderd-bedonnerd b.nw., bw., tussenwerpsel (informeel)
1 baie kwaad; behoorlik die duiwel in: › Hy is honderd-bedonnerd befok. Mal genoeg om moord te pleeg (Facebook, 5 Augustus 2019).
◌ SINONIEM(E): befok
2 baie goed; fantasties: › Laat ek my oupa aanhaal: “Nou lyk daai ding mos honderd bedonnerd!” Baie netjies gedoen. Ek’s groen van jaloesie! (4x4community.co.za, 17 Januarie 2015). › Bakgat, Bulle! Honderd-bedonnerd. My bloed bruis! (www.ougrote.com. 11 Februarie 2013). › Hoop jou dag is honderd-bedonnerd en mag al jou drome waar word (veiligehawe.wordpress.com, 23 Oktober 2009).
◌ SINONIEM(E): eksie-perfeksie | befok
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hondtrovert
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend
huts
hutsetiket
hutsmerk
hutsteken
hutswoord
hutswoordkaping