Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

kurering s.nw. [geen meervoud]Ook kurasie, kuratering
1
versameling en/of die bestuur van ’n versameling tasbare voorwerpe – erfenismateriaal, kunswerke, en so meer.

2
versameling van inligting wat op ’n bepaalde tydstip vir 'n spesifieke onderwerp of belangstellingsveld van belang of ter sake is, gewoonlik met die doel om waarde toe te voeg.ENGELS: curation
digitale kurering Ook digitale kurasie keuse, bewaring, instandhouding, versameling en argivering van digitale inligting, bronne en bates: Willem Boshoff se argief is ’n unieke voorbeeld van eksperimentele en konseptuele argivering én verbeeldingryke digitale kurering wat, hoewel uiters sistematies van opset, ook alternatief, kreatief, oop, speels, informatief, performatief, kunstig en sensories is (Josef van Wyk, Suzanne de Villiers-Human, Dirk van den Berg, LitNet Akademies, 12 Mei 2015). In 'n kort tyd het sy verskeie outentieke bronne ontleed, hul standpunt bepaal en hulle met haar eie menings gesintetiseer. Sy het toe begin werk om haar idees aan haar klasmaats voor te stel as 'n aanlyn versameling, eerder as 'n klein museumuitstalling. Dit is digitale kurering wat reg gedoen word: studente werk op 'n sinvolle manier met outentieke materiaal; vind, analiseer en organiseer om nuwe betekenis daar te stel uit die baie materiaal wat aanlyn beskikbaar is (ISTE Blog, 23 Mei 2017).

KYK OOK: kureer, gekureer, kurator


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther