Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hulpbronbehoewend b.nw. | hulpbronbehoewende | wat ’n behoefte aan hulpbronne het: › Mensekinners! Ek dink daar is ’n moontlikheid dat ek dalk ’n nuwe woord gefabriseer het. Ek was besig met ’n moer moeilike vertaling van ’n akademiese artikel oor rekenaarwetenskap en toe hou ek aan struikel oor “under-resourced”. Omdat dit op taal betrekking gehad het, onder meer ook Afrikaans, het ek besef “onderbefonds” is nie tegnies korrek nie, want daar word miljoen keer meer geld in Afrikaans gepomp as in ander inheemse tale. Dis ook te omslagtig om “min hulpbronne” telkens uiteen te sit en toe tref dit my in die bad: “hulpbronbehoewend” (Hannelie Booyens, Facebook, 22 Julie 2020). › Hulpbronbehoewende boere het nie genoegsame fondse vir voldoende bemesting nie (S.A. Smalberger en A.S. du Toit, SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 1, 2002). ◌ ENGELS: under-resourced
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend
huts
hutsetiket
hutsmerk
hutsteken
hutswoord
hutswoordkaping
HVK
hys
IAAF
idealiter
identiteit
identiteitsdief
identiteitspolitiek
IDV
ie
IE
iederelk
iemaan
ienagge
ieqaamah
ieshaa
ietsisme
iftaar