Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
komvandaan s.nw. [geen meervoud]
1 › jou komvandaan jou geboorteplek; die plek waar jy grootgeword/opgegroei het: › ’n Ou verloopte het my aangeraai: “Maak vir jou ’n vesting [...] voor dit te laat is. Mense wat hulle komvandaan verloor het, woon altyd in te veel plekke op soek na leweneersit. Vra maar vir my” (Dominique Botha, Vrye Weekblad, 27 Mei 2022). › Môre vlieg ek na hoeveel jaar weer Vrystaat toe vir ’n wyle. Daar waar my komvandaan is (Jean Oosthuizen, Facebook, 4 Julie 2019). › Die aardsheid van haar stories vol eenvoud, het gedui op ’n intiemheid wat sy met haar storiekarakters het. Hulle is nie uitgedinkte karakters nie, maar werklike mense van vlees en bloed uit haar komvandaan (Willem Fransman jr., Netwerk24, 4 Maart 2019). › Dit was Ma se wens dat ek eers in my komvandaan terugploeg want dis daar waar ek eers ’n verskil vir my medemens moet maak voordat ek verder vaar (Jeremy Vearey, Jeremy van die Elsies, 2018). ◌ SINONIEM(E): waarvandaan ◌ Engels: place of birth | home town
2 › jou komvandaan jou (beroeps)agtergrond: › Terwyl die meeste bekende Afrikaanse skrywers óf uit die vervelige akademie óf uit die voorspelbare joernalistiek kom, duikbom Harry uit ’n heel ander hoek by hierdie kliekerige poeletjie in. Sy komvandaan is die kapitalistiese reklamewêreld en die opwindende teaterwêreld (Marita van der Vyver, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). ◌ Engels: background
samestellings:
komvandaandorp
koebaai
koeklik
koekoes
koeloekoets
koep
koffie
kohortverpleging
koji
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
kontakopsporing
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek
kopnota
koppeltreinhuis
kopskuif
kopskuiwer
kopsprong
korona
korona-angs