Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
infeksiekurwe s.nw. | infeksiekurwes |
1 grafiese voorstelling van die getal/aantal mense wat met ’n infeksiesiekte besmet is: › Die poging om die opwaartse infeksiekurwe af te plat, dus om die pas waarteen mense siek word, te verlangsaam om sodoende die druk op gesondheidsdienste te verlig, is nog op koers (Max du Preez, Vrye Weekblad, 30 Maart 2020). ◌ SINONIEM(E): infeksiekromme | besmettingskurwe | besmettingskromme
2 (metonimies) getal/aantal mense wat ’n infeksiesiekte opgedoen het. ◌ ENGELS: infection curve
imbawula
immigrant
immuniteitsertifikaat
immuniteitskaart
immuniteitspas
immuniteitspaspoort
impepho
implantaat
implementeer
implementeringswetenskap
in vitro-vleis
inblykonsert
indie
indlamu
indringerware
inentingsertifikaat
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel