Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
insekhotel s.nw. | insekhotelle, insekhotels | (informeel) mensgemaakte, insekvriendelike voorwerp/struktuur wat spesiaal geskep word om insekte te lok om daarin nes te maak: › Die insekhotel in Babylonstoren se tuin skep ’n wegkruipplek vir insekte wat lei tot ’n gesonde omgewing met ’n gebalanseerde ekostelsel (Marchelle van Zyl, Rapport, 24 Mei 2020). › ’n Insekhotel word tipies uit hout gemaak, met verskillende kompartemente (Marchelle van Zyl, Rapport, 24 Mei 2020). › Insekhotelle, stene, boomstompe en waterbakke skep ’n gesonde, natuurlike omgewing in jou tuin vir ’n oorvloed dierelewe (Beatrice Moore-Nöthnagel, Tuis, 13 Januarie 2020). › Om dit nóg makliker te maak vir insekte om die perseel te besoek, gaan sy probeer om deur die jaar blomme te hê en verskillende groottes gate in ’n stomp boor vir ’n soort insekhotel (Amelia Genis, Landbouweekblad, 11 Oktober 2019). ◌ SINONIEM(E): goggahotel ◌ ENGELS: insect hotel | insect house | bug hotel
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
interweb
intifada
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder
intimiteitsvakuum
intubeer