Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
intifada s.nw. | intifadas | (Arabies) volksopstand of beweging van massaweerstand, dikwels met inbegrip van gewapende stryd, teen ’n magstruktuur of buitestanderregering, veral met verwysing na die opstand van Palestyne teen Israel se besetting van Palestynse gebiede – die Gazastrook en Wesoewer (van die Jordaanrivier): › In Ian Black se uitstekende boek Enemies and Neighbours lees jy dat die Israelse weermag net in die eerste drie weke van die Intifada (Palestynse opstand) van 1999-2000 een miljoen koeëls afgevuur het (Gert van der Westhuizen, Netwerk24, 29 Januarie 2024). › Hamas is gestig kort ná die eerste Intifada (opstand) in 1987 met die ideaal om met gewapende weerstand die Israeliese besetting van Gaza en die Wesoewer te beëindig (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 13 Oktober 2023). › Die gewelddadige Palestynse betogings het saamgeval met die elfde herdenking van die begin van die 1987-1993-“intifada” of heilige oorlog teen Israeliese besetting (Die Burger, 12 Desember 1998). › Maar toe word Rabin in 1995 deur ’n Joodse terroris vermoor [...] Geeneen van sy opvolgers het meer as lippediens aan die tweestaat-oplossing bewys nie; in die praktyk was hul beleid maar hoofsaaklik om die Palestyne op hul plek te hou. Die gevolg was twee intifadas (“opstande”) wat die betrekkinge tussen die Joodse Israeli’s en die Palestyne (selfs die Arabiessprekende Israeli’s) ernstig versuur het (Leopold Scholtz, Netwerk24, 13 Mei 2018 ).
oorsprong:
Arabies, intifāḍah, “optrek (teen)”.
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
interweb
intifada
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder
intimiteitsvakuum
intubeer
IoT
IPA
IP-telefonie
IR
IRV
ISE
ishaa
isicholo
isiphandla
isjaai
isolasie
isolasiejurk
isolasiepak
isolasiesorg
isolasiespasie
issie
issit
Itac
itshitshi