Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

intifada s.nw. | intifadas | (Arabies) volksopstand of beweging van massaweerstand, dikwels met inbegrip van gewapende stryd, teen ’n magstruktuur of buitestanderregering, veral met verwysing na die opstand van Palestyne teen Israel se besetting van Palestynse gebiede – die Gazastrook en Wesoewer (van die Jordaanrivier): In Ian Black se uitstekende boek Enemies and Neighbours lees jy dat die Israelse weermag net in die eerste drie weke van die Intifada (Palestynse opstand) van 1999-2000 een miljoen koeëls afgevuur het (Gert van der Westhuizen, Netwerk24, 29 Januarie 2024). Hamas is gestig kort ná die eerste Intifada (opstand) in 1987 met die ideaal om met gewapende weerstand die Israeliese besetting van Gaza en die Wesoewer te beëindig (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 13 Oktober 2023). Die gewelddadige Palestynse betogings het saamgeval met die elfde herdenking van die begin van die 1987-1993-“intifada” of heilige oorlog teen Israeliese besetting (Die Burger, 12 Desember 1998). Maar toe word Rabin in 1995 deur ’n Joodse terroris vermoor [...] Geeneen van sy opvolgers het meer as lippediens aan die tweestaat-oplossing bewys nie; in die praktyk was hul beleid maar hoofsaaklik om die Palestyne op hul plek te hou. Die gevolg was twee intifadas (“opstande”) wat die betrekkinge tussen die Joodse Israeli’s en die Palestyne (selfs die Arabiessprekende Israeli’s) ernstig versuur het (Leopold Scholtz, Netwerk24, 13 Mei 2018 ).

oorsprong:
Arabies, intifāḍah, “optrek (teen)”.


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther