Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
intubeer ww. | het geïntubeer | via die mond ’n buis in die lugpyp invoer ten einde die lugweg oop te hou en vrye deurgang van lug te verseker: › My koolsuurgas het te hoog gestyg en toe is ek in ’n koma en kon nie asemhaal nie. Dokters moes dadelik intubeer en my aan ’n ventilator koppel om asem te haal (Michelle Marais, Huisgenoot, 30 April 2017). › Haar broer is in die hospitaal opgeneem en moes geïntubeer word omdat hy sukkel om asem te haal (Bettina Wyngaard, LitNet, 11 Desember 2020).
◌ ENGELS: intubate
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
interweb
intifada
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder
intimiteitsvakuum
intubeer
IoT
IPA
IP-telefonie
IR
IRV
ISE
ishaa
isicholo
isiphandla
isjaai
isolasie
isolasiejurk
isolasiepak
isolasiesorg
isolasiespasie
issie
issit
Itac
itshitshi
IUBN
IUN
IvD
ivermektien