Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
intimiteitschoreograaf s.nw. | intimiteitschoreograwe | persoon wie se werk dit is om tydens die verfilming van ’n rolprent/ens. toe te sien dat sekstonele en/of tonele wat naaktheid vereis, streng in ooreenstemming met die draaiboek verfilm word en akteurs nie onnodig ongemaklik voel of aan enige vorm van uitbuiting blootgestel word nie: › Phoebe het glo op haar gemak gevoel met hom. En om die naaktonele tussen die twee te laat vlot, was daar selfs ’n “intimiteitschoreograaf” op die stel. Maar die twee stem saam dat die storie meer gaan oor romanse tussen jong verliefdes as oor seks (Huisgenoot, 21 Januarie 2021).
◌ SINONIEM(E): intimiteitskoördineerder
◌ ENGELS: intimacy choreographer
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
interweb
intifada
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder
intimiteitsvakuum
intubeer
IoT
IPA
IP-telefonie
IR
IRV
ISE
ishaa
isicholo
isiphandla
isjaai
isolasie
isolasiejurk
isolasiepak
isolasiesorg
isolasiespasie
issie
issit
Itac
itshitshi
IUBN