Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
interseksueel
♦ b.nw. [soms verkort tot interseks] met of gekenmerk deur enigeen van ’n verskeidenheid aangebore toestande waarby die voortplantingsorgane of seksuele anatomie van ’n persoon nie gemaklik by tipiese definisies van vroulik of manlik inpas nie: › Die aansoekers sê die besluit is ongrondwetlik omdat dit onder meer teen die menswaardigheid van LGBTIQ- (lesbiese, gay, biseksuele, transgender, interseksuele en homoseksuele/“queer”) persone diskrimineer (Jana Marx, Netwerk24, 17 September 2017). › Daar word geskat dat ongeveer 2% van die wêreld se bevolking interseks is (Marteli Brewis, Kuier, 8 Junie 2018).
♦ s.nw. | interseksuele | [soms verkort tot interseks] (weinig gebruiklik) interseksuele persoon; interseks mens: › Kragtens die dagvaarding is dit ’n grondwetlike oortreding om ’n interseks(-persoon) te dwing om ’n spesifieke geslag te kies vir ’n oorsese reis (Netwerk24, 27 Oktober 2015). ◌ ENGELS: intersexual | intersex
KYK OOK: LGBTQIA
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
interweb
intifada
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder
intimiteitsvakuum
intubeer
IoT
IPA
IP-telefonie
IR
IRV
ISE
ishaa
isicholo
isiphandla
isjaai
isolasie
isolasiejurk
isolasiepak
isolasiesorg
isolasiespasie
issie
issit