Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Internet van Dinge woordgroep › die Internet van Dinge [afkorting IvD] [soms ook met kleinletters] netwerk van (huishoudelike en ander) toestelle wat met mikroskyfies toegerus en aan die internet verbind is sodat hulle van ’n afstand beheer kan word en ook selfstandig kan werk en kommunikeer: › Dienste tussen masjiene word ook die internet van dinge genoem – die idee om toestelle, van yskaste en geisers tot slim elektrisiteitsmeters en koffiemakers, aan die internet te koppel sodat hulle sonder menslike ingryping kan kommunikeer (Finweek, 1 Oktober 2015). › Met die ontstaan van kunsmatige intelligensie, die Internet van Dinge, outonome voertuie, en alledaagse toepassings, steek ’n werklike sosiale probleem kop uit: Sal die maatskappy van die toekoms mense nodig hê om te werk? (Finweek, 18 Februarie 2016). › Tegnologiese “superkragte” soos mobiele tegnologie, kunsmatige intelligensie (KI) en die Internet van dinge (IvD) moet ingespan word om die lewensgehalte van die wêreld se 7,6 miljard inwoners te verbeter (Riana de Lange, Rapport, 21 Januarie 2018).
◌ ENGELS: Internet of Things | IoT
KYK OOK: slimomgewing
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
interweb
intifada
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder
intimiteitsvakuum
intubeer
IoT
IPA
IP-telefonie
IR
IRV
ISE
ishaa
isicholo
isiphandla