Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
interleukien s.nw. | interleukiene | enigeen van ’n groep sitokiene wat tydens ’n immuunrespons deur geaktiveerde leukosiete – makrofage en limfosiete – geproduseer word: › Ons weet van die inflammatoriese merkers [...] sitokien en interleukien word om die een of ander rede meer afgeskei wanneer jy bedruk is (Piet Oosthuizen, Netwerk24, 12 Desember 2023). › Interleukiene word genommer in die volgorde waarin hulle ontdek word. ◌ ENGELS: interleukin
› interleukien 6 een van ’n groep sitokiene wat tydens ’n immuunrespons geproduseer word: › Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het sy riglyne vir Covid-19-behandeling aangepas sodat die reseptorblokker [interleukien 6] aan pasiënte toegedien kan word (Netwerk24, 7 Julie 2021). › Volgens die WGO oorreageer ernstige siek Covid-19-pasiënte se immuunstelsel, wat baie skadelik vir hul gesondheid kan wees. [Interleukien 6] word toegedien om hierdie oorreaksie te probeer voorkom (Netwerk24, 7 Julie 2021).
samestelling(s):
interleukienproduksie: › Die doel van interleukienproduksie is om met ander leukosiete te kommunikeer.
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
interweb
intifada
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder
intimiteitsvakuum
intubeer
IoT
IPA
IP-telefonie
IR
IRV
ISE
ishaa