Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
inkommer s.nw. | inkommers | inkommertjie |
1 iemand wat van elders gekom en hom/haar in ’n bepaalde gebied gevestig het: › Wit Suid-Afrikaners sal op ʼn bepaalde wyse altyd inkommers wees (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 7 Junie 2019).
2 nuweling in ’n groep of werkplek: › As mense vir jare by ’n universiteit is, hulle het daar gestudeer en dan gee hulle klas, kan hulle blinde kolle hê, sê hy, self ’n inkommer in dié heg-verweefde gemeenskap (Hanlie Retief, Rapport, 5 Junie 2022). ◌ ENGELS: newcomer
implementeringswetenskap
in vitro-vleis
inblykonsert
indie
indlamu
indringerware
inentingsertifikaat
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol