Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
inplantaat s.nw. | implantate | ◌ Ook (verouderend) implantaat ◌ liggaamsvreemde element, byvoorbeeld van metaal of plastiek, wat chirurgies in die liggaam van ’n mens ingevoeg/ingeplant word: › Sy agterste tand was middeldeur gebreek en ’n mond-en-kaak-chirurg moes hom bykom, die tand verwyder en ’n inplantaat installeer (Sarie, 7 November 2011). › Behandeling wat deur ’n prostodontis aangebied word, sluit in die vervanging van ontbrekende tande deur middel van tandheelkundige inplantate, kunsgebitte of die herstelling of verbetering van die voorkoms en funksie van tande deur middel van krone, inlegsels, oorlegsels, wortelkanaalbehandeling en die regstelling van die okklusale byt asook kaakgewrig- en spierprobleme (Netwerk24, 7 September 2018). › Die gesaghebbende American College of Rheumatology het bevestig dat silikon-inplantate geensins pasiënte se risiko verhoog om gewrigsiektes of enige ander siektes te ontwikkel nie (Die Burger, 29 Mei 1997). ◌ SINONIEM(E): inplanting ◌ ENGELS: implant
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
interweb
intifada
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder