Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
intellektueel b.nw. | intellektuele |
› intellektuele eiendom intellektuele goedere: › Aan die oorgrote meerderheid van die president se besware is glad nie aandag gegee nie – en daar is steeds die waarskynlikheid dat die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg (WOO) sal lei tot die onteiening (sonder vergoeding) van Suid-Afrikaners se intellektuele eiendom (Netwerk24, 28 Februarie 2024).
› intellektuele goedere [afkorting IG] kreatiewe werke, uitvindings, handelsmerke, en dergelike wat deur wetgewing beskerm word om te verseker dat die skeppers en eienaars daarvan beheer oor hulle eiendom behou en dat dit nie sonder hulle toestemming deur ander mense gekopieer of gebruik word nie: › Die kommersialisering van die intellektuele goedere wat ’n universiteit oplewer, is baie belangrik (Wim de Villiers, Netwerk24, 1 April 2015). ◌ SINONIEM(E): intellektuele eiendom | IE ◌ ENGELS: intellectual property
samestelling(s):
intellektuelegoedere-reg
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
interweb
intifada
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder
intimiteitsvakuum
intubeer
IoT
IPA
IP-telefonie
IR
IRV