Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
jellielekker s.nw. | jellielekkers | jellieagtige lekker, dikwels met ’n vrugtesmaak: › Duitsers wat gefrustreerd is deur kanselier Helmut Kohl se beleid, kan nou, as laaste uitweg, sy kop afkou. ’n Lekkergoed-maatskappy, wat bekend is om sy koulekker jelliebere, het ’n kleurryke reeks jellielekkers uitgebring met politici se koppe daarop (Beeld, 4 Februarie 1992). › Noudat die lugdinamika en die rekenaar die motor se vorm in die windtonnel skep en feitlik alle motors na eenderse half gesuigde jellielekkers lyk, raak die identiteit van fabrikate nogal ’n probleem (Beeld, 18 November 1993). › ’n Spesiale bederf vir dié kranklike geveerdes word deur die gekraak van ’n pakkie jellielekkers aangekondig. Soos wafferse sirkus-seeleeus vang die neushoringvoëls die lekkertjies uit die lug (Beeld, 3 Junie 1995). › So tussen die alewige gesing en gelag deur kon ons net tyd afknyp om beskuitjies en jellielekkers te eet (Die Burger, 11 April 1997). ◌ ENGELS: jelly sweet
KYK OOK: gomlekker
Itac
itshitshi
IUBN
IUN
IvD
ivermektien
izimbadada
izinyoka
jaar
jafel
jaffel
jaffle
jakalapou
jamaa
jammergat
janaza
janter
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart