Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
jollof s.nw. (kookkuns) tradisionele Wes-Afrikaanse gereg van rys wat saam met tamatie, uie en verskeie speserye gekook word en ook soms ander groente, vleis of seekos insluit: › Ek lees dikwels in romans uit Afrika oor kleurvolle geregte soos jollofrys. Ek het dit die eerste keer in ’n Wes-Afrika-restaurant in Pretoria [...] geëet, met tilapia, ’n varswatervissie wat ’n mens van kop tot stert verorber (Deborah Steinmaier, Vrye Weekblad, 19 Julie 2024). › Jollof is bekend vir sy rooi kleur, afkomstig van die tamatiesous, en het ’n ryk, geurige smaak. › Sit dalk jou volgende kerrie of bredie voor met die Wes-Afrika-gunsteling jollof-rys (’n pikante tamatie-rysgereg) en beïndrukjou gaste! (Karla Janse van Vuuren, Netwerk24, 12 Januarie 2019). ◌ SINONIEM(E): jollofrys | jolofrys ◌ ENGELS: jollof rice
oorsprong:
Van Jol(l)of, ook soms Wolof, ’n antieke ryk in Wes-Afrika.
jamaa
jammergat
janaza
janter
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI