Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
jintoe s.nw. | jintoes | (informeel, afkeurend, neerhalend, skertsend) ◌ Ook djintoe, (weinig gebruiklik, verouderd) jentoe ◌ vrou of man wat (volgens die mening van die spreker) losbandig, seksueel onverantwoordelik/onaanvaarbaar, optree; prostituut: › Hoe kan jy “doodgelukkig” wees met ’n ander vrou se man wat niks anders as ’n manlike jintoe is nie? (Antie Mona, Son, 22 Julie 2019). › Dit is tyd dat jy nou tou opgooi en besef dat jy nooit die jintoe uit hom sal kry nie (Antie Mona, Son, 19 Junie 2019). › Op die Cape Flats is ’n man ’n hoerpyp. Die woord “jintoe” word ook vir ’n man gebruik, waarby ons “jintoeliena” vir die vrou gebruik om haar meer bedônirt te maak (Mavis Vannie Lavis, in die groep Vloek, FB, 15 Oktober 2019). › Daai twee meire wat so baklei oor een man is niks anders as tweedehandse jintoes nie (Son, 29 April 2019). › En wat het geword van jou flame, daai djintoe daar in die gopse oor wie jy so mal was? (Kirby van der Merwe, Eugene, 2022). ◌ ENGELS: prostitute
izimbadada
izinyoka
jaar
jafel
jaffel
jaffle
jakalapou
jamaa
jammergat
janaza
janter
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats