Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
juggle ww. | het gejuggle | (Engels)
1 by herhaling twee of meer voorwerpe in die lug opgooi en vang sonder om een te laat val: › Hy is nie ’n gewone bedelaar nie. In plaas van om te staan met ’n bordjie, het hy geleer hoe om te juggle (Simon Sonnekus, Netwerk24, 15 Maart 2017). › Die woord wat my hier gebring het, is daardie nemesis van subs: juggle. Jy weet, die akrobatiese manipulering van balle. Miskien weet party van julle wat dit volgens die woordeboeke is: In Afrikaans “jongleer” ’n “jongleur”. Niemand in my familie en vriendekring het ’n blou benul gehad wat dit konstateer nie. “Juggle” is wat ons sê wanneer ons juggle bedoel. […] So wat van jongleer? Hy staan in woordeboeke en word af en toe opgesoek en gebruik. Maar amper altyd vind jy die “Engels” agterna in hakies. Wanneer word juggle Afrikaans? (Marius Visser, Netwerk24, 11 Januarie 2020). ◌ SINONIEM(E): wiggel | jongleer
2 (figuurlik) (a) (met moeite) verskillende aktiwiteite in ’n bepaalde periode inpas: › Met my wat moes juggle om na die kinders te kyk en ook vir Crystal te gaan besoek by die hospitaal – alles het net vir my te veel geraak (Luwayne Bouwers, Kuier, 20 November 2020). › Van 8:00 tot 15:00 was sy in leerder-mode en van 3:00 tot 4:00 die nag het sy haar skoolwerk gedoen. Die res van die dag was aan haar man, kinders en gemeenskap toegewy. Saans het sy nog saam met haar man huisbesoek gedoen. Dit was altyd ’n kwessie van tyd en dinge juggle, maar sy het dit gedoen (Kuier, 6 Augustus 2020). (b) jou tyd so beplan dat jy verskillende dinge gelyktydig of in kort opeenvolging van mekaar kan doen: › Ons kon saam tyd deurbring, nuwe vaardighede leer soos om ons tyd te juggle, en om stil te word en ons huisie te kan geniet (Elana Afrika-Bredenkamp, Huisgenoot, 8 Mei 2020). ◌ ENGELS: juggle
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie