Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kaderontplooiing s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (politiek) die aanstelling, deur ’n regerende party, van lojale kaders as ’n manier om te verseker dat doelwitte van die party getrou nagestreef en uitgevoer word: › Die ANC se beleid oor kaderontplooiing geld ook in die private sektor, nie net die openbare sektor nie (Netwerk24, 24 Augustus 2022). › Die wet sal [...] help om kaderontplooiing in munisipaliteite te stuit omdat dit munisipale bestuurders en ander topamptenare verbied om terselfdertyd ampsdraers in politieke partye te wees (Llewellyn Prince, Netwerk24, 23 Augustus 2022). › M. worstel geweldig met die narratief wat korrupsie met kaderontplooiing verbind [...] M. kan steeds nie begryp hoekom die praktyk van politieke aanstellings in die bestuursrade van staatsondernemings – wat so noodsaaklik vir die legitimering van die ANC se besetting van die staat en die ekonomie is – nou gekriminaliseer word nie (Piet Croucam, Vrye Weekblad, 22 Julie 2022). ◌ ENGELS: cadre deployment
KYK OOK: kader
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie
kakpot
kala
kalender
kalipso
kalm
kalonji
kamer
kamp
kampstoel
kanarie
kanga
kankerstokkie
kannabidiol
kannabinoïed
kannabis
kannibaliseer
kannie