Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kannabidiol s.nw. [afkorting KBD] [geen meervoud] (chemie) niebedwelmende bestanddeel van die hennep- (dagga-)plant wat volgens kenners voordele vir ’n mens se gesondheid kan inhou, sou jy dit gebruik: › Kannabidiol [...] is die nie-psigoaktiewe komponent van die kannabis-plant en hou talle voordele vir die liggaam in. Dit kan pyn, stres en angstigheid verlig (Huisgenoot, 8 Januarie 2021). › Hennep-olie bevat kannabidiol, wat sommige meen voordelig vir mense se gesondheid en herstel is. Dit kan ook ’n klein hoeveelheid tetrahidrokannabinol (THK), ’n aktiewe bestanddeel in daggaprodukte vir ontspanning, bevat (Netwerk24, 11 Januarie 2019). ◌ ENGELS: cannabidiol | CBD
samestelling(s):
kannabidiol-olie: › Die regering het onlangs nuwe regulasies aangekondig wat dit wettig maak om preparate met kannabidiol-olie (KBD) in Suid-Afrika te verkoop (Vrye Weekblad, 7 Junie 2019). › ’n Pizza bedruip met dagga-olie, oftewel kannabidiol-olie (CBD). Dis die nuutste op die pizza-restaurant […] se spyskaart (Lydia van der Merwe, Sarie, 29 Julie 2019).
KBD-drankie
KBD-olie: › In die laaste paar jaar het KBD-olie ʼn gunsteling in die mediese veld geword; nie net vir die behandeling van pyn nie, maar omdat dit ook ander gesondheidsvoordele het. En, anders as die hallusinogene tetrahidrokannabinol (THK), maak dit jou nie hoog nie (Vrye Weekblad, 7 Junie 2019).
KYK OOK: tetrahidrokannabinol
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie
kakpot
kala
kalender
kalipso
kalm
kalonji
kamer
kamp
kampstoel
kanarie
kanga
kankerstokkie
kannabidiol
kannabinoïed
kannabis
kannibaliseer
kannie
kanonvoet
kans
kanselleer
kanselleerkultuur
kantie
kapana
kapittel
kaplet
kappie
kappiebaadjie
kappietop
karamonk
Karen
Karoleaans
Karoo-oester
kat
katalogusbruid
katalogushuwelik
katel