Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

kanarie s.nw. | kanaries |

UITDRUKKING(S):
’n kanarie in ’n (steenkool)myn/mynskag iets of iemand wat betyds teen gevaar of ’n ongunstige toestand waarsku: Westwood was ’n byna fanatiese ondersteuner van die WikiLeaks-stigter Julian Assange, wat sy as die spreekwoordelike kanarie in die steenkoolmyn beskou het – ’n waarskuwer oor ’n rampspoedige toekoms (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 6 Januarie 2023). Selfs in Kaapstad was dit gewone mense wat opgestaan het om te keer dat die ergste gebeur. Mfuleni [= wat daar aan die gebeur is] is amper soos die kanarie in die mynskag vir moeilikheid in Kaapstad: Dis hier of in Du Noon waar probleme op gemeenskapsvlak gewoonlik begin (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 23 Julie 2021). Prof. Glenda Gray [...] sê afvalwater-waarneming dien as ’n vroeë waarskuwingstelsel, soos ’n kanarie in ’n steenkoolmyn. “Die stelsel se belangrikheid is om te verseker dat ons sif vir alle variante [van die koranvirus] wat kommer wek en ’n probleem kan optel sewe tot tien dae voordat dit klinies ontdek word” (Netwerk24, 6 Julie 2021).
ENGELS: a canary in a coal mine

oorsprong:
Na die kanarie in ’n hokkie wat mynwerkers eens ondergronds saamgedra het. In ’n tonnel waar ’n gevaarlike gas, soos koolstofmonoksied, versamel het, sou die kanarie doodgaan, wat vir die werkers as teken sou dien dat hulle dadelik na die oppervlak moes terugkeer.

Kanaries genoem na Eilande van Honde

Kanaries is eintlik honde wat invoerwaarde het. Die saak staan só:
Deur al die eeue het Europese seevaarders nuwe name, Europese name, gegee aan lande en baaie en eilande en riviere wat hulle “ontdek” het. As hulle in ’n bepaalde baai buitengewoon baie skulpe gekry het, waarvan hulle kalk kon brand, het hulle die plek “Kalk Baay” genoem. Die baai waarvandaan hulle baie timmerhout kon kry, was “Hout Baay”. As daar op ’n eiland buitengewoon baie dassies was, het die eiland die naam Dasseneiland gekry. As daar buitengewoon baie robbe was, was dit Robbeneiland.

Nou ja, dit was nie net die Nederlanders van so 300-400 jaar gelede wat op dié manier name gegee het nie. Baie, baie eeue tevore het die seevaarders langs die weskus van Noord-Afrika afgeseil. Daar het hulle afgekom op ’n groep eilande wat gewemel het van honde, die enigste soogdiere daar. Waarskynlik is die voorsate van dié wild geworde honde agtergelaat deur Arabiese handelslui wat nóg vroeër daar rondgevaar het.

Die Latynse woord vir ’n hond is canis. Die antieke seevaarders het die uitsonderlike groep eilande eenvoudig die Insulae Canariae genoem “Eilande van die Honde”. Die Eilande van die Honde se Latynse naam is in die Europese tale deels vertaal: Insulae het byvoorbeeld Eilanden en Islands geword, onderskeidelik in Nederlands en Engels. Maar die ander deel van die Latynse naam is sommer “verklank”. Canariae het in Nederlands sommer Canarische en in Engels sommer Canary geword.

Daar was op die Canarische Eilanden van destyds helderkleurige voëltjies wat deur die handelseelui in die “ontdekkings”-tyd na Europa toe teruggeneem is, omdat hulle dié voëltjies winsgewend kon verkoop. Na hulle oorsprong is dié voëls Canarische vogels, en later kanarievoegels en nog later, in Afrikaans, eenvoudig kanaries genoem.

Die woord kanarie het niks te make met die Latynse woord cantare (“om te sing”) nie; kanaries is eintlik “Latynse honde” wat invoerwaarde in Europa gehad het.

Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 13 Junie 1994 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther