Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kapittel ww. | het gekapittel |
Wat doen mens eintlik wanneer jy iemand kapittel?
Die meerderheid Afrikaanssprekendes is Protestante, en tog was ons Europese voorsate op een tydstip nog almal Katoliek. Kapittel is een van ons Katolieke erfstukke van 500 jaar of meer gelede. ’n Kapittel was naamlik in die Middeleeue ’n kloostervergadering waar oortreders ’n hoofstuk – ’n kapittel – voorgelees gekry het. Dié voorgehoude hoofstuk was dus ’n vermaning.
Om iemand te kapittel, was en is om hom of haar uit te vreet.
Capi(t)tel is die Middelnederlandse vorm van die Latynse capitulum, wat die verkleinwoord van caput, “hoof” of “kop” is. Capi(t)tel is etimologies dus “hofie” of “koppie”.
KYK OOK: caput
Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 29 November 1993 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
kakpot
kala
kalender
kalipso
kalm
kalonji
kamer
kamp
kampstoel
kanarie
kanga
kankerstokkie
kannabidiol
kannabinoïed
kannabis
kannibaliseer
kannie
kanonvoet
kans
kanselleer
kanselleerkultuur
kantie
kapana
kapittel
kaplet
kappie
kappiebaadjie
kappietop
karamonk
Karen
Karoleaans
Karoo-oester
kat
katalogusbruid
katalogushuwelik
katel
katemba
kathak
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katjieng
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard