Bygewerk op 4 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

normaal b.nw. | normale | [ook selfstandig]
die nuwe normaal [soms ook met hoofletters] die tyd ná die uitbreking van die covid-19-pandemie: Ons bel. Ons kuier. Ons doen alles buite. Kook op die vuur. Probeer dit gesellig maak. Maar die eienaardigheid van die Nuwe Normaal vat aan ons almal (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 30 April 2021). Hoewel die algemene situasie in komende maande kan verbeter, sluit die “nuwe normaal” die volgende moontlikhede in: herhaalde vlae van infeksies van wisselende omvang en erns oor ’n onbepaalde tydperk, wisselende vlakke van inperking, handelsbeperkings (spesifiek alkoholverkope), gemeenskaplike onrus en algemene toename in werkloosheid en verarming (Malcolm de Rouxbais, Netwerk24, 22 Februarie 2021). Alle navorsing wys maskers, sosiale distansiëring en goeie handhigiëne is al wat werk teen die virus. Dit het my van die begin af verbaas hoe vinnig kinders aangepas het by dié aaklige nuwe normaal met maskers en handjies uitsteek wanneer ook al hulle ’n bottel sanitiser sien (Clarissa Martins, Kuier, 31 Januarie 2021). Die “nuwe normaal” beteken ons het nou langer werksure en tog wil 67% van Suid-Afrikaanse beroepslui aanhou om van die huis af te werk, minstens die helfte van die tyd (Werner Wippenaar, Netwerk24, 12 Februarie 2021).


 Nuut: Red ons van Plastiekengels (rubriek) | Son en skaduwee (rubriek)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther