Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

noir (Frans, rolprentkunde, letterkunde)
b.nw. [predikatief] gekenmerk deur ’n donker, spannende, onheilspellende, siniese verteltrant: Boonop word die teks in ooreenstemming gebring met ’n verstelstyl wat as noir beskryf kan word; ’n skaduryke narratief vol sinisme, fatalisme en teenstrydige moraliteit (Louis Esterhuizen, Rapport, 23 Julie 2019).

s.nw. [enkelvoud en meervoud] donker, spannende, onheilspellende verhaal/verhale: Noordse/Nordiese noir Die noir, die aksiebelaaide skop-skiet-en-dinges, die Victoriaanse whodunnit, die sielkundige riller, deesdae selfs die meer tradisionele spioenasieriller, kan alles as krimi’s beskou word (Bettina Wyngaard, Vrye Weekblad, 13 Desember 2019 ). Ek lees graag krimi’s en huishoudelike noir waar die intriges haarnaalddraaie gooi en die storielyn knetter en vonk soos ’n lewende elektriese kabel (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 1 November 2019).
chic noir subgenre van die chick lit-ontspanningsverhaal waarin intieme verhoudings tussen karakters as donker en spannend uitgebeeld word.

film noir donker rolprent; film wat op die donker sy van die menslike natuur fokus.

huishoudelike noir donker (gruwel)verhale wat teen die agtergrond van alledaagse, huishoudelike situasies afspeel: Ek lees graag krimi’s en huishoudelike noir waar die intriges haarnaalddraaie gooi en die storielyn knetter en vonk soos ’n lewende elektriese kabel (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 1 November 2019). As liefhebber van huishoudelike noir, waar die rillings hoofsaaklik sielkundig van aard en die moordenaar dikwels ’n versteurde loervink-huisvrou is, voel dit soms of skrywers in die harde misdaadgenre gaan sit en dink: Presies hoe kan ek die vroulike liggaam optimaal verfomfaai? (Deborah Steinmair, Rapport, 1 September 2019). Huishoudelike noir is vir my ’n welkome verandering van suiwer misdaadfiksie waar die protagoniste, meestal polisielede, grootliks stereotipes is (Deborah Steinmair, Rapport, 19 Maart 2017 ).

OORSPRONG:
Frans noir swart, duister.

samestellings:
noir-verhaal: Die speurverhaal fokus hoofsaaklik op die speurder; die noir-verhaal op die antagonis of die misdadiger (Jonathon Amid, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). Noir-verhale ondermyn ook die tradisionele verwagting van ontspanningsfiksie dat lesers hulle geredelik met karakters sal identifiseer (Willem de Vries, Die Burger, 9 Maart 2016). | noir-riller: Qubeka se noir-riller Of Good Report is in 2013 deur die regering op die fees verban “weens suggestiewe inhoud” en die verbod is later opgehef (Laetitia Pople, Die Burger, 23 Julie 2019).


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther