Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

objektum-seksualiteit s.nw. [geen meervoud] seksuele aangetrokkenheid tot voorwerpe en masjiene: Behalwe die objektum-seksualiteit wou ek gehad het dat Sulla nie ’n geslag het nie; dat dit nie in die boek ter sprake moet kom nie (Willem Anker, Netwerk24, 23 Oktober 2020). Jy lees oor die Marsh-spektrum van Menslike/Objek-Intimiteit wat die kontinuum van hierdie interaksies beskryf, vanaf die sporadiese gebruik van seksspeelgoed en fetisjisme, tot by objektum-seksualiteit (’n volledige emosionele, seksuele en spirituele verbintenis met ’n objek) (Willem Anker, Skepsel, 2020). | SINONIEM(E): objekseksualiteit | objektofilie | ENGELS: object sexuality | objectophilia
KYK OOK: objekseksueel


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther