Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

nywerheidsrevolusie s.nw. | nywerheidsrevolusies | Ook nywerheidsrewolusie, industriële revolusie/rewolusie, nywerheidsomwenteling
vierde nywerheidsrevolusie [afkorting: 4NR] Ook Vierde Nywerheidsrevolusie, Vierde Nywerheidsomwenteling die ontwikkelende omgewing van vandag waarin nuwe, sg. ontwrigtende tegnologieë – die Internet van Dinge, robotika, kunsmatige intelligensie en virtuele werklikheid/realiteit – die manier waarop mense lewe en werk, ingrypend verander: Die vierde nywerheidsrewolusie (4NR) word deesdaegeassosieer met eindelose Zoom-vergaderings en WhatsApp-kuiers met vriende en familie (SAAWK, Mei 2020). Dr. Klaus Schwab, stigter van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF), het die term “vierde nywerheidsrevolusie” in 2016 geskep. Dit verwys breedweg na die grense tussen die fisieke, digitale en biologiese wêreld wat stelselmatig verdwyn (Elvira Wood, Netwerk24, 16 Oktober 2019). Sommige mense sê dis eintlik maar net ’n voortsetting van die derde een, maar ja, die vierde nywerheidsrevolusie is met ons. Dit staan ook bekend as Nywerheid 4.0 na aanleiding van ’n groep Duitsers wat in 2011 onder dié naam byeengekom het op soek na ’n manier om Duitse mededingendheid in die vervaardigingsektor te verhoog (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 30 November 2019). Die vierde nywerheidsrevolusie is ontwrigtend, want take wat gewoonlik deur mense verrig is, word geoutomatiseer. Maar dit is nie noodwendig ’n negatiewe ding nie (Werner Beukes, Netwerk24, 17 September 2019). Die sogenaamde vierde nywerheidsrevolusie [hou in] ’n wêreld waar alles en almal in oombliklike digitale verbinding met die res is. Die grense tussen ons biologiese, fisieke en digitale omgewings vervaag. Die grense tussen menslike kennis en vermoëns en dié van masjiene vervaag (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019). Die vierde nywerheidsrevolusie bied enorme geleenthede vir wie ook al ’n goeie skolastiese ervaring en toegang tot goeie gesondheid het (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 25 Oktober 2019). Die etiese vrae van die Vierde Nywerheidsomwenteling is egter op ons. Wat gemaak wanneer outomatisering mense se werk en waardigheid van hulle begin ontneem? (Woordfeesgids, 2020). | ENGELS: fourth industrial revolution | 4IR


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther