Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Karoleaans b.nw. | Karoleaanse | ◌ Ook (soms, ongewoon) Caroleaans ◌ Van, wat betref of wat eie is aan die tyd en regering van die Britse koning(s) Charles I, II en/of III: › Dit was algemene praktyk in Europa om style na heersers te noem en daarom het die uiteenlopende situasies in Frankryk en Engeland met betrekking tot die aantal heersers in die Baroktydperk tot gevolg gehad dat in Frankryk na die Barokstyl as die Lodewyk XIV-styl verwys word, terwyl na Engelse meubels verwys word as in die Karoleaanse styl (of Charles II-styl), die Laat-Jakobeaanse (of James II) styl, die William en Mary-styl en die Queen Anne-styl, wat almal binne die Baroktydperk val (Matilda Burden, “Van der Stel versus Tulbagh: Die oorsprong van die Van der Stel-stoel”, SA Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, November 1998). ◌ ENGELS: Carolean
kamp
kampstoel
kanarie
kanga
kankerstokkie
kannabidiol
kannabinoïed
kannabis
kannibaliseer
kannie
kanonvoet
kans
kanselleer
kanselleerkultuur
kantie
kapana
kapittel
kaplet
kappie
kappiebaadjie
kappietop
karamonk
Karen
Karoleaans
Karoo-oester
kat
katalogusbruid
katalogushuwelik
katel
katemba
kathak
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katjieng
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie