Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Karoo-oester | Karoo-oesters | [gewoonlik meervoud] (kookkuns) teelbal van ’n lam: › Egte volksgeregte soos pangebraaide lamsknatertjies, oftewel Karoo-oesters, gebraaide lamstertjies, bloedwors, harslag (fyngesnipperde longe, hart en mantelvlies), en rissel (gebakte ystervarkrugvel) gaan jou dalk laat ril – of heimwee gee, na gelang van waar jou hartland is (News24, 17 November 2012). ◌ SINONIEM(E): lammerpeer | lammervrug | lammereier
samestelling(s):
Karoo-oester-eetkompetisie
kampstoel
kanarie
kanga
kankerstokkie
kannabidiol
kannabinoïed
kannabis
kannibaliseer
kannie
kanonvoet
kans
kanselleer
kanselleerkultuur
kantie
kapana
kapittel
kaplet
kappie
kappiebaadjie
kappietop
karamonk
Karen
Karoleaans
Karoo-oester
kat
katalogusbruid
katalogushuwelik
katel
katemba
kathak
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katjieng
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits