Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

miljuisend s.nw. | miljuisende | [dikwels meervoud] ontelbaar baie: Een van die verpligte goed (benewens ’n miljuisend ander) wat jy as aansoeker moet laat doen, is ’n doktersondersoek (Sybrand B. Harris, Netwerk24, 8 April 2019). Die strewe na balans, geluk en ’n minimalistiese leefstyl is maar vir die mens wat droom, begeer en graag soos kraaie blinkgoed na hul nes toe aandra, makliker gesê as gedaan.  Seker van daar die goeie verkope van die miljuisende selfhelpboeke (Esté Gross, Netwerk24, 30 September 2021). Jy kan nie ’n generiese brief en CV aan alle werkgewers en recruiters stuur nie, want jy sal eenvoudig ‘wegraak’ tussen die ander miljuisende aansoekers (Maretha Botes, Kuier, 15 September 2021).ENGELS: millions of thousands

 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther