Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kakkies s.nw. [versamelnaam] (informeel, minagtend, neerhalend) (volgens die persoon wat dit beoordeel) (goedkoop) gemors (waaraan ’n ander waarde heg of wat ander opgaar): › Die retro-herskepping van ’n 50’s-, vroeë 60’s-veranda, kompleet met potplante, meubels en kakkies (Kirby van der Merwe, Eugene, 2022). ◌ SINONIEM(E): (eufemisties) akkies | twakkies ◌ ENGELS: (cheap) shit
samestelling(s):
kakkies-laai: › Dit was tydens my naarstige skoonmaak, regruk en wegsmytery dat ek toe op ’n onbekende sleutel afkom; in daardie kakkies-laai wat ons almal maar in ons wonings het (Vrye Weekblad, 29 April 2020).
kakkieswinkel
KYK OOK: kitschenalia
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie
kakpot
kala
kalender
kalipso
kalm
kalonji
kamer
kamp
kampstoel
kanarie
kanga
kankerstokkie
kannabidiol
kannabinoïed
kannabis
kannibaliseer
kannie
kanonvoet
kans
kanselleer
kanselleerkultuur
kantie