Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
judgerig b.nw., bw. | judgerige | (uit Engels, informeel) krities of veroordelend.
judgerig klink/voel/wees ’n sienswyse huldig of uitspreek wat (tot ’n mate) van dié van (’n) ander verskil, of wat tot foutvind, kritiek of veroordeling geneig is: › Mense wat steeds mayonnaise oor koolslaai smyt, verwar my, maar ek wil nie judgerig klink nie (Aletta Lintvelt, Vrye Weekblad, 10 Maart 2023). › [Jou] beste toebroodjie? “Braaibroodjie met baie tamatie en uie (geen kaas!), geëet by kamertemperatuur die volgende dag.” (Die Vrye Tyd-redaksie voel judgerig hieroor. ’n Braaibroodjie sonder kaas? – Red.) (Vrye Weekblad, 16 Desember 2022). › Nie te lank gelede nie was dit “groot nuus” (en skande) wanneer ’n tiener per ongeluk oor die tou getrap en swanger geword het [...] Gelukkig is daar deesdae baie klinieke wat soggens voor skool en smiddae ná skool gesinsbeplanning doen, juis om hierdie tieners te akkommodeer, gewoonlik deur susters wat nie te judgerig is nie (Marteli Brewis, Kuier, 26 Apr. 2019).
◌ ENGELS: to be judging
janter
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies