Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kabelbinder s.nw. | kabelbinders | plastiekbandjie of -toutjie wat gebruik word om dinge, soos elektriese koorde, in ’n bondel vas te bind of bymekaar te hou: › Daar is ontdek dat daar met die ketting en slot van die stoorkamer gepeuter is. Na verneem word, is die slot nie beskadig nie, maar die ketting is geknip en die skakels is weer met ’n kabelbinder geheg (Cara-Lee Dorfling, Netwerk24, 4 September 2020). › Maak seker die paal is nie te styf aan die stam vasgebind nie. Moenie draad of kabelbinders gebruik nie, omdat dit in die stamme kan insny – broekiekous-repe of enige breë vasmaakmateriaal wat kan rek, is ideaal (Tuis, Augustus 2015). › Heg die blikke met kabelbinders aan die diefwering vas (Huisgenoot, 30 Oktober 2013). ◌ ENGELS: cable tie | tie wrap
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie
kakpot
kala
kalender
kalipso
kalm
kalonji
kamer
kamp
kampstoel