Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hoernalis s.nw. | hoernaliste | (neerhalend)
1 joernalis vir wie ’n goeie storie en sensasie belangriker is as feite: › Wanneer ’n joernalis ’n hoernalis word. › Jy sê ons is hoernaliste. Ons laat nie die feite inmeng met ’n goeie storie nie (Dana Snyman, Netwerk24, 1 Julie 2023). › Joernalis of Hoernalis? Joernaliste is veronderstel om vir ons feite te bring. Meer so as jy die hoofman is. Maar ons weet mos goed dat die waarheid nie eintlik saak maak nie. Die storie moet inpas by die narratief (@Briekmerke, YouTube, 9 Junie 2023).
2 joernalis wat in berigte bevooroordeelde en voorafbepaalde sienings gee wat misleidend aangepas is om bepaalde politieke, finansiële of sake-agendas te steun, en wat sodoende die fundamentele plig van onpartydige beriggewing versuim. ◌ ENGELS: presstitute
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hongi
hoofstroom