Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
slamat tussenwerpsel (Kaaps-Maleis, Moesliemafrikaans) woord om jou blydskap of vreugde teenoor iemand te betuig oor iets goeds wat hom/haar te beurt geval het, of om hom/haar geluk of voorspoed toe te wens: › ’n Groot tramakassie en slamat virrie frontliners [...] vi hulle effort om hierie een ’n reality te maak! (Tasneem Daniels, LitNet, 14 Februarie 2022). › Aan ons seun Juniad, slamat op jou sestiende verjaardag; mag Allah altyd saam met jou wees (Facebook).
◌ ENGELS: congratulations
Slamat
As iemand vi jou “slamat” sê, issit eira Labarang (Eid), jou wedding, jou wedding anniversary, jou kind se wedding, jou birthday, jou kind se doepmaal (naam gie), of as djy’t skool klaa gemaak’t ennis jou graduation. Usually sal iemand jou hand vat om slamat te sê en ’n soentjie op jou wang los. Op Labarang, die ouere manne sal hanne vat om slamat te sê en dan mekaa drie (of mee) kee op ’n tyd drukkies gie, side-to-side, wang-tot-wang. “Slamat” is oek originally Indonesian – “selamat”. Baie Cape Malay-uitdrukkings soes hierie een veloo ’n syllable binne of aanie einde vannie woo’d as djyrit vinnag sê
Tasneem Daniels, LitNet, 12 Augustus 2021
Skiemafrikaans
skild
skilpad
skilpadrobot
skindermeul
skolliepatrollie
skool
Skoor
skopkegel
skopskeloelie
skouerskuur
skrapbewind
skraping
skrie
skrifstelsel
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad
slagofferblamering
slamat
slang
slapie
slapogie
sleb
slenternuus
slenterreis
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
slippie
sloertoer