Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
slimkontrak s.nw. | slimkontrakte | rekenaarprogram of transaksieprotokol wat outomaties in werking tree om volgens die bepalings van ’n ooreenkoms of kontrak, sekere handelinge uit te voer, te beheer en te dokumenteer: › Benewens dat dit ’n plek is waar kripto’s verhandel word, het Binance ook sy eie blokketting, die Binance Smart Chain (BSC). Die BSC bied soortgelyke funksies aan Ethereum, Solana en Cardano, deurdat dit ’n ekosisteem van gedesentraliseerde finansiële produkte (DeFi) en dienste wil ontwikkel, deur hierdie finansiële transaksies met behulp van slimkontrakte te fasiliteer (Netwerk24, 24 September 2021). › Die ideaal is dat daar geen gesentraliseerde beheer oor ’n DeFi-proses is nie; dit werk outonoom via die blokketting deur die gebruik van sogenaamde slimkontrakte – stukkies kode wat inskop sodra aan sekere voorwaardes voldoen is (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021). › Die ethereum-netwerk optimaliseer vir desentralisasie en spoed in ruil vir minder veiligheid as bitcoin. Dit het ook die vermoë om as “slimkontrak”- of programmeerbare geld te funksioneer (Finweek, 11 Junie 2021). › ’n Spesifieke DeFi bied ’n slimkontrak met ’n kode wat die presiese voorwaardes vir ’n lening tussen twee individue bepaal, insluitende die kollateraal, die termyn en die uitleenkoers. Sodra albei partye dié bepalings nakom, aktiveer die kontrak die lening, wat dan gewoonlik in die vorm van ’n kripto uitbetaal word (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021).
◌ ENGELS: smart contract
KYK OOK: DeFi
samestelling(s):
slimkontrakplatform
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad
slagofferblamering
slamat
slang
slapie
slapogie
sleb
slenternuus
slenterreis
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smakie
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery