Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
smakie s.nw. | smakies | [verkleinwoord van smaak] (sosiale media, informeel)
Ook smaak
positiewe reaksie op ’n plasing, kommentaar, foto, video of ander inhoud wat te kenne gegee word deur ’n duim omhoog (op Facebook), ’n hartjie (Instagram en X), of ’n ander ikoon wat goedkeuring, ondersteuning of waardering simboliseer nadat daarop geklik is: › Ek sien ek het darem een smakie gekry. › Die smakies rol in. › Sy kry altyd die meeste smakies (Netwerk24, 20 Desember 2024). › Sjoe, die plasing het baie smake gekry! (Netwerk24, 20 Desember 2024).
◌ SINONIEM(E): duimpie
◌ ENGELS: like
KYK OOK: duim
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smakie
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery
sneeuvlokkie 1
sneeuvlokkie 2
snellergereed
SNO
snoek
snoeptamatie
snol
Snorstad
snuffelsagteware
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe