Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
soppie koppie (informeel)
♦ woordgroep “pasop dat die/jou kop nie stamp nie” – as waarskuwing gesê aan iemand wat met ’n kind op die skouers by ’n deur in- of uitstap, of aan die kind self.
♦ s.nw. | soppie koppie’s | [ook met hoofletters] ◌ Ook [vas geskryf] soppiekoppie | soppiekoppies | ◌ iemand wat met ’n kind op die skouers loop: › Soppie Koppie’s is die naam wat die Natallers jare gelede aan die Gautengers op besoek aan die kus, gegee het [...] Die naam het jare terug ontstaan deurdat die pappas graag met die kleintjies op hul skouers loop (veral as die sand, of die teer baie warm is), en dan hoor jy die pappas se bekende woorde wanneer hulle by die eerste deur wil ingaan: “Soppie Koppie” (Joppie Nieman, Facebook, 1 Januarie 2024). › › En dan, so van die 15de af, kom die drooling masses na die Kaap – die “kyda’s” (“kyk daar”) van die Vrystaat en “soppiekoppies” (“pasop die koppie” aan die kind wat pa op sy skouers dra) van Gauteng, om net twee groepe te noem (Albert Bakkes, Son, 7 Desember 2018). › Aan al die “soppiekoppies” en “kydaars”. Waarskuwing teen haai-aanvalle! (LitNet, 28 Januarie 2009).
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma
son
sonkragplaas
son-onnertjie
sonplaas
sonseil
soönose
soönoties
soppie koppie
sopstorie
sorghumbier
sosiaal
sosialemedia-beïnvloeder
sosialemedia-entrepreneur
sosialemedia-keffertjie
sosialemedia-pronker
sosialemedia-swendelaar
sosiogeniëring
soum
soutpiel
sowieso
span 1
span 2
sparkie
SPD 1
SPD 2
speak
speellys
speenvark
spekulasiefiksie
speldligging
spelveranderaar