Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
slimhorlosie s.nw. | slimhorlosies | draagbare elektroniese toestel wat soos ’n horlosie lyk, ontwerp is om die funksies van ’n tradisionele horlosie met aanvullende tegnologiese funksies te kombineer, en deur middel van Bluetooth of ’n ander draadlose tegnologie aan ’n slimfoon en ander e-toestelle gekoppel kan word om boodskappe, oproepe en ander kennisgewings direk daarop te ontvang: › Die slimhorlosie het ’n verbeterde hartslagmonitor en kom met ’n splinternuwe fiksheidsapp [...] Die fiksheidsfunksies bied omvattende ontleding van kalorie- en gewigsbestuur met kalorietelling, kalorietekortmonitering en gewigsbeheerplanne (Netwerk24, 21 September 2023). › Die vorige weergawe van die slimhorlosies is steeds baie gewild onder gebruikers en daar word met die jongste weergawes gepoog om verder veld te wen (Werner Wippenaar, Netwerk24, 21 September 2023). › Die meeste slimhorlosies het sensors wat jou hartslae en treë kan tel en hoeveel ure jy slaap.
◌ ENGELS: smart watch
skrifstelsel
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad
slagofferblamering
slamat
slang
slapie
slapogie
sleb
slenternuus
slenterreis
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smakie
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing