Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
son s.nw. | sonne | sonnetjie |
UITDRUKKING(S):
♦ die son sê tieng (informeel, lekties) die son skyn baie warm; die son bak: › Pasta in roomsous met tonne kaas, ryskos met vis en dinge uit die see uit, brandkerrie al sê die son tieng, brosgebraaide eend (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 15 Januarie 2021). › Ek is 'n tjeent vannie Noord-Kaap ... daar waar die son sê tieng innie somer en maklik net onner 50 grade loop omdraai ... daar van Upington se wêreld (Wilma Paulse, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). › Daar’s niks beter as ’n lekker los, ligte somerrok as die son tieng daar buite sê nie (Son, Facebook, 5 November 2018).
♦ as die son tieng (sê) (informeel, lekties) wanneer die son op sy warmste skyn; teen die middaguur: › Die tyd vir etes is ook belangrik: liewers laatmiddag of in die aand as in die middel van die dag, wanneer die son 'tieng' sê (Die Burger, 16 Oktober 2015). › Toe begrawe ôs vi Mamba daa onne ’n portjacksonboempie innie djaart voorie son tieng, cause why djulle wiet mos lat ’n perd wat te lank lê, stink erge as ’n vark (Jeremy Vearey, Jeremy vannie Elsies, 2018).
♦ oor die son staan en wonder wetenskaplike bewyse en/of konkrete, voor die hand liggende waarhede nie begryp of aanvaar nie: › (Heino du Plessis, Facebook, 3 Mei 2020).
snellergereed
SNO
snoek
snoeptamatie
snol
Snorstad
snuffelsagteware
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma
son
sonkragplaas
son-onnertjie
sonplaas
sonseil
soönose
soönoties
soppie koppie
sopstorie
sorghumbier
sosiaal
sosialemedia-beïnvloeder
sosialemedia-entrepreneur
sosialemedia-keffertjie
sosialemedia-pronker
sosialemedia-swendelaar
sosiogeniëring
soum
soutpiel
sowieso
span 1
span 2
sparkie
SPD 1