Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
sopstorie s.nw. | sopstories | (uit Engels, informeel) sentimentele verhaal, vertelling of storie wat by die hoorder, leser of kyker medelye, meegevoel, jammerhartigheid wek: › Om in Afrikaans te sing en te skryf raak iets aan in my […] So ja, om ’n baie lang sopstorie kort te maak: toe ek myself my eie liedjie hoor sing in Afrikaans, het ek geweet iets het verskuif binne-in my (Amanda Lamprecht, LitNet, 11 Oktober 2016). › “Ken jy ander Afrikaanse bedelaars? Staan almal hoek?” “Ja, baie. En nee jy kry baie soorte. Ons is hoekstaanders. Daar is drentelaars wat strate vat en by huise aanklop met ’n sopstorie. Dan die regte 'down en outers’ wat asblikke krap. Hulle soek net zol en trein. Daar is ook die wat net sit en vrek. Hulle hou nie lank nie” (LitNet, 28 September 2010). › Toe ons by haar kamertjie instap, kom sy met die sopstorie haar radio en selfoon en ander goed is uit haar kamer gesteel (Die Burger, 16 September 2005). › ’n Lekker boek vir die Kerskous! […] Daar is grappe oor grootmense, sappige sopstories en eksamenflaters en daar is raaiselgrappe oor diere en mense (Beeld, 13 Desember 2004). › Dis so skreiend herkenbaar dat ’n mens wil protesteer: plagiaat! En tog. Wat voorspelbaar behoort te wees, is opnuut fassinerend. Wat stink van geyktheid, nael jou vas in verwondering. Die selle ou sopstorie, maar wegkyk kan jy nie (Beeld, 10 Januarie 1997). ◌ ENGELS: sob story
oorsprong:
Volksetimologiese vervorming.
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma
son
sonkragplaas
son-onnertjie
sonplaas
sonseil
soönose
soönoties
soppie koppie
sopstorie
sorghumbier
sosiaal
sosialemedia-beïnvloeder
sosialemedia-entrepreneur
sosialemedia-keffertjie
sosialemedia-pronker
sosialemedia-swendelaar
sosiogeniëring
soum
soutpiel
sowieso
span 1
span 2
sparkie
SPD 1
SPD 2
speak
speellys
speenvark
spekulasiefiksie
speldligging
spelveranderaar
spelveranderend