Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
sosiaal b.nw. | sosiale |
› sosiale ingenieurswese ◌ Ook sosiale geniëring, sosiogeniëring ◌ (inligtingsekuriteit): › Sosiale ingenieurswese (waar misdadigers mense met leuens en truuks pols om hul persoonlike inligting bekend te maak), is aan die toeneem (Liesl Peyper, Rapport, 10 Julie 2022). › In baie [uitvissings]aanvalle is werknemers se aanteken-inligting bekom (gesteel) of hulle is in e-posboodskappe en telefoonoproepe oorreed om die een of ander ondeurdagte optrede uit te voer [...] In sulke kuberaanvalle word sosiale ingenieurswese toegepas. Dit beteken dat die kubermisdadiger soveel persoonlike inligting as moontlik van die potensiële slagoffer versamel op talle plekke in die kuberruimte. Die slagoffer word dan gekontak, meestal per telefoon, maar ook per e-pos, en alles word gedoen om die potensiële slagoffer se vertroue te wen (Netwerk24, 18 Mei 2022). → sosiogeniëring ◌ ENGELS: social engineering
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma
son
sonkragplaas
son-onnertjie
sonplaas
sonseil
soönose
soönoties
soppie koppie
sopstorie
sorghumbier
sosiaal
sosialemedia-beïnvloeder
sosialemedia-entrepreneur
sosialemedia-keffertjie
sosialemedia-pronker
sosialemedia-swendelaar
sosiogeniëring
soum
soutpiel
sowieso
span 1
span 2
sparkie
SPD 1
SPD 2
speak
speellys
speenvark
spekulasiefiksie
speldligging
spelveranderaar
spelveranderend
spenstuin
spesmoede