Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
soönose s.nw. | soönoses | (patologie, geneeskunde) enige siekte of infeksie wat op 'n natuurlike wyse van 'n gewerwelde dier na ’n mens oorgedra kan word: › sentrum vir virale soönose › Volgens die verslag [...] word die uitbreek van dieresiektes internasionaal as ’n bedreiging beskou, met soönose die grootste gevaar. Dit behels siektes wat van ’n dier na ’n mens en van ’n mens na ’n dier oorgedra kan word (Charl van Rooyen, Landbouweekblad, 29 Augustus 2018). ◌ TEENOOR: antroponose ◌ ENGELS: zoonosis
oorsprong:
Grieks zōion lewende wese, dier + nosos siekte.
Snorstad
snuffelsagteware
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma
son
sonkragplaas
son-onnertjie
sonplaas
sonseil
soönose
soönoties
soppie koppie
sopstorie
sorghumbier
sosiaal
sosialemedia-beïnvloeder
sosialemedia-entrepreneur
sosialemedia-keffertjie
sosialemedia-pronker
sosialemedia-swendelaar
sosiogeniëring
soum
soutpiel
sowieso
span 1
span 2
sparkie
SPD 1
SPD 2
speak
speellys
speenvark
spekulasiefiksie