Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
slimhuis s.nw. | slimhuise | woning wat met toestelle en stelsels toegerus is wat met behulp van ’n rekenaar of selfoon van ’n afstand beheer en bestuur word: › Die gemiddelde slimhuis sal 50 tot 100 gekonnekteerde toestelle, ligte, termostate en ander apparate hê, voorspel die maatskappy (Finweek, 4 Junie 2015). › Geoutomatiseerde of sogenaamde slimhuise word daagliks ’n groter werklikheid, en hoewel die internet van dinge nog nie heeltemal deel van elke huishouding is nie, is dit beslis ook nie meer vergesog nie (Gert Bezuidenhout, Netwerk24, 22 April 2023).
◌ ENGELS: smart home
samestelling(s):
slimhuistegnologie: › Die integrasie van robotstofsuiers en -moppe met slimhuistegnologie beteken dat die gebruiker ’n skoonmaaksessie kan begin deur ’n opdrag aan Google, Alexa of Siri te gee, of selfs ’n skoonmaaksessie outomaties kan begin sodra die persoon die perseel verlaat (Burgert A. Senekal, LitNet, 2 Junie 2022).
KYK OOK: huisoutomatisering, Internet van Dinge
skrophoender
skud
skuif
skuldverklikker
slaapfisiologie
slaapkarton
Slaapstad
slagofferblamering
slamat
slang
slapie
slapogie
sleb
slenternuus
slenterreis
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
slippie
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smakie
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing