Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

smokkeljaart s.nw. | smokkeljaarts | (informeel) huis waar, sonder die nodige lisensie, drank (en soms dwelms) verkoop word: Ek het die plek waarheen B. my dié Sondag geneem het, dadelik herken. Een van die verbode plekke van onse jeug. ’n Jaart, die “sagter” naam vir “smokkeljaart” [...] Laat ek hoor jy sit op ’n jaart, het onse grootmense gedurig gedreig. Ek het nooit vertel van die jaart waar ek jare lank as skoolkind met Beat loop uithang het nie. Eintlik het ek nie geweet hoe verduidelik mens vir ’n grootmens ’n jaart wat eintlik nie ’n jaart is nie, waar jy koop-en-loop en die antie van die huis jou met ’n sambok bydam as jy op haar jaart durf fuif of valse papiere aandra om te wys jy is nie “onder ouderdom” nie (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 13 Januarie 2023). Dié voorval was die begin van ’n lewe van bendegeweld, drank en op die smokkeljaart uithang (Julian Jansen, Rapport, 20 Maart 2022). Daar word vertel hoe Eugene as baba deur sy oppasser, Meisie, saamgeneem word na ’n smokkeljaart wanneer sy ouers by die werk is en hoe tuis hy daar is op die skoot van die smokkelbaas (Louise Viljoen, Rapport, 13 Maart 2022). Adv. M., ook bekend as Lappies, het hom op smokkeljaarts sinneloos gedrink. Niemand het gedink hy kan iets van sy lewe maak nie, maar Leslie het sy lewe omgekeer en homself as advokaat bekwaam (Kuier, 30 Augustuss 2019).
SINONIEM(E): smokkelhuis | onwettige sjebien
ENGELS: illegal shebeen


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther