Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
staatskaping s.nw. | staatskapings | pogings van ’n aantal individue om uit die werking van ’n regering voordeel te trek deur middel van amptenare wat met beloftes, gunste en gawes omgekoop kan word om sulke pogings te help slaag: › Dit was nie net die regering en die uitvoerende hoofde van staatsondernemings wat die tesourie op sy knieë gehad het nie, die wetgewers het korrupsie en staatskaping moontlik en maklik gemaak deur eenvoudig te weier om die uitvoerende gesag verantwoordelik te hou vir wanbestuur (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019). › Die openlike plundering van die land se bates en bronne en staatskaping het die politieke regime na ’n rowerstaat laat lyk (Pieter Labuschagne, Netwerk24, 20 Junie 2019). ◌ ENGELS: state capture
spelveranderaar
spelveranderend
spenstuin
spesmoede
spikkel
spiraalaartappel
splinterreeks
spoedfooi
spoedtarief
spoedvrat
spoegbel
spogplakker
spoliasie
sponsstad
spookasem
spookkombuis
spooknugter
spookpiepie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof
sterwensbegeleier
stik
stockholmsindroom