Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
stent s.nw. | stente |
1 (medies) spalk wat in ’n bloedvat of kanaal ingevoeg word om ’n obstruksie te verlig of genesing aan te help: › ’n Stent is in haar linkerhartkamer ingesit om haar op haar eie te help asemhaal (Kim Abrahams, Huisgenoot, 4 Oktober 2019). › Drie jaar nadat ’n oud-Bloemfonteiner ’n stent in die hoofaar in sy hart gekry en ’n jaar nadat hy erg beseer is toe hy met sy fiets geval het, vertrek hy binne ’n week na […] Switserland om ná jare weer aan die driekamp-wêreldkampioenskap deel te neem (Marietjie Gericke, Netwerk24, 21 Augustus 2019).
2 (tandheelkunde) plastiese stof vir die maak van afdrukke van tande in die bo- en onderkaak. ◌ ENGELS: stent
oorsprong:
Na ’n Engelse tandarts, Charles Stent (1807-1885).
spookpiepie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof
sterwensbegeleier
stik
stockholmsindroom
stoeka
stoepsit
stofaap
stoffies
stofspook
stoftrekker
stokkies
stollen
stoma
stomasakkie
stompkopkewer
stoot-die-bokker
storm
stormkopies
storting
stouf
straat