Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
spookrissie s.nw. | spookrissies | [in die enkelvoud ook kollektief] een van die skerpste, branderigste rissies ter wêreld, inheems in Indië, veral in die streke Assam, Nagaland en Manipoer: › Volgens kenners gaan ons in 2025 vuurwarm mond-brand-kos, met bestanddele soos spookrissie en habaneros eet (Alles, Somer 2025). › Nadat hy as deel van ’n eetkompetisie rissies geëet het, het ’n 47-jarige man weens kwaai maag- en borspyn, naarheid en braking by ongevalle aangemeld [...] Die man het glo die besonder warm “bhut jolokia”, oftewel spookrissie, verorber. Dit kom uit Indië en is in 2007 deur Guinness World Records erken as die wêreld se branderigste rissie (Huisgenoot, 24 Oktober 2016). › Weens sy intense skerpheid moet die spookrissie met groot versigtigheid gehanteer en geëet word.
◌ SINONIEM(E): Boetanese rissie | Boetaanse rissie
◌ ENGELS: ghost pepper
oorsprong:
Die korrekte naam, bhüt jolokia, beteken “Boetanese of Boetaanse rissie” in Assamees, ’n taal wat hoofsaaklik in Assam, in die noordooste van Indië, gepraat word. Die naam spookrissie het ontstaan uit verwarring van die eerste deel, bhüt, Boetanees, met die byna homonimiese woord bhut, but, wat in Assamees “spook” beteken.
speak
speellys
speenvark
spekulasiefiksie
speldligging
spelveranderaar
spelveranderend
spenstuin
spesmoede
spikkel
spiraalaartappel
splinterreeks
spoedfooi
spoedtarief
spoedvrat
spoegbel
spogplakker
spoliasie
sponsstad
spookasem
spookkombuis
spooknugter
spookpiepie
spookrissie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapelkrisis
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing